Wie ons is

Ons is 'n bedrewe groep persone  wat graag onsself die RAU staatmakers noem. Ons reken ons is nog deel van die voortrekkers, as hulle ons nog wil hê. ;-)

Ons probeer almal ons uiterste bes om nie volwasse op te tree nie... maar dit gaan soms moeilik.

Amptelik het ons net minder as agt lede. Maar meeste van ons vergaderings bevat meer as 15 lede, en ook nie dieselfde 15 op 'n slag nie.

Ons het 'n unieke manier om dinge te doen, en deur dit als bly ons integriteit bo alle verdenking.

Die Kommando Bestuur Besluite

Ons bestuur het hierdie jaar op aandrang van ons nuwe held en kultus leier, dit is nou Analise,  besluit om hierdie jaar die mees genotvolle jaar in die geskiedenis van die RAU staties te maak.

Dit sal op twee maniere gedoen word- Onvergeetlike weeklikse vergaderings, en Uitmuntende Uitstappies.......

Daar is ook besluit om meer skakeling met die ander statie kommandos te organiseer.

Voorsitter

  • Analise Bruhne (Spelling onbelangrik)

Onder -Voorsitter

  • Tim De Lange

Sekretaresse

  • Louisa Bouwer

  Hoof Blad  |  Meer oor ons  |  Wysers na  ander blaaie   
Nuus
  |  Beplande-Aktiwiteite

RAUStaties@ThePentagon.com